Friday, August 26, 2016

2 Kronieke 7: 13-14: As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur,en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
Ons volk en die land is in groot moeilikheid. Die vraag is, wat moet ons doen?
Kom ons staan saam om ons volk bewus te maak dat die God van die Bybel almagtig is, en Hy alleen kan ons uit die moeilikheid uitred.Daarom is die vertrekpunt om ons voor God te verootmoedig. Dit beteken om te bid en te doen. Kom ons doen almal ons deel om ons volk bewus te maak van die noodsaaklikheid hiervan. Dit is die doel van die nuut gestigde Volkseie Verootmoedigings Aksie. Dr. Jann Schlebusch.
https://m.facebook.com/groups/632028066951643?view=permalink&id=632039806950469
-------
Die Volkseie Verootmoedigingsaksie loods ‘n gebedsaksie waar ons elke week vra dat julle vir ‘n besondere saak bid. Hierdie is die eerste versoek: Kom ons bid elke dag hierdie week dat die Heilige Gees ons volksgenote bewus sal maak van die noodsaaklikheid dat ons as volk voor Hom verootmoedig. Dr. Jann Schlebusch.
https://m.facebook.com/groups/198122813564136?view=permalink&id=1124033670973041
-------
Ons moet verstaan hierdie is 'n strafgerig van ons hemelse Vader. Ons moet ons voor Hom verootmoedig. Dit beteken dat ons voor Hom en Sy gebooie moet buig. Ons moet Sy almag en ons afhanklikheid van Hom bely voor al die mense. En aan Hom alleen die eer gee. Dan sal ons Koning Jesus ons aanvoerder wees en ons kan met vrymoedigheid optrek in die stryd.
Kom ons maak ons volksgenote van hierdie belangrike saak bewus. En kom ons bid dat die Heilige Gees ons volksgenote hiervan bewus sal maak. Veral ons volksleiers. Dr Jann Schlebusch.
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1221704264541298&id=100001052088819
-------
#Volkseie #Verootmoedigingsaksie
https://www.facebook.com/groups/632028066951643/?ref=bookmarks
-------
Vriende, hier is ons #gebedsversoek vir hierdie week 1-7 Aug:
Verbruikerskultuur – ons sit en TV kyk; rugby kyk, ens. Ons gaan kerk toe, luister en gaan huis toe.
Ons moet aktiewe stryders vir Christus wees.
https://web.facebook.com/groups/632028066951643/permalink/634341090053674/
-------
#Gebedsversoek 8-14 Aug: Materialisme:
Ons vertrou op ons aardse besittings of inkomste (salaris);
En op versekering: (Pensioenfondse; Korttermynversekering; Mediese fondse);
Ons lewe bo ons vermoë - koop karre, klere (matriekafskeid), ens om ander te beïndruk of om onsself te 'bederf' (ook die uitspattige huweliksonthale), vakansies, ens;
Ons het ‘n opdrag om vrugbaar te wees en te vermeerder, maar ons wil net een of twee kinders hê - of glad nie!
Gierigheid: Ons wil net altyd meer hê.
Jaloers op dié wat (skynbaar) meer het (selfbejammering)
In baie gesinne werk albei ouers voltyds vir ñ hoër lewenspyl en skeep die opvoeding van die kinders af (waar albei ouers moet werk om die basiese te voorsien, is dit ñ ander saak);
Ons bederf ons kinders
Doen ons ons plig teenoor ons verarmde volksgenote en dié wat in die gevangenis is?

https://web.facebook.com/groups/632028066951643/permalink/637589479728835/
-------
#Gebedsversoek vir 15 - 22 Augustus :
Ons bid teen ons volk se seksuele losbandigheid.
Pornografie
Voorhuwelikse seks
Buite-egtelike verhoudings
Homoseksualiteit
Uitlokkende kleredrag
Kyk van flieks en TV programme wat losbandigheid bevorder.

https://web.facebook.com/groups/632028066951643/permalink/640871019400681/
-------
#Gebedsversoek 22-29 Augustus: Vreesagtigheid.
Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars — hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
OPENBARING 21:8 AFR53
http://bible.com/5/rev.21.8.AFR53

Ons mag nie die wêreld en sy bedreigings vrees nie. Ons moet op God vertrou.

Ons vrees teëspoed, armoede; teleurstelling; droogte, 'regstellende aksie';
Ons vrees konflik, ongewildheid, skindertonge, die dood (veral ñ marteldood);
Ons vrees die regering

Dr. Jann Schlebusch

https://www.facebook.com/groups/632028066951643/permalink/644592695695180/
#Volkseie #Verootmoedigingsaksie
-------
Skakel na Volkseie Verootmoedigingsaksiegroep:
https://web.facebook.com/groups/632028066951643/?ref=ts&fref=ts

No comments:

Post a Comment