Friday, October 7, 2016

5 Oktober 2016 Mediaverklaring: VEVA

Mediaverklaring.
5 Oktober 2016

Hoe lank nog?


Die nuutgestigde Volkseie Verootmoedigingsaksie roep volksgenote op om te onderwerp aan God se gesag. Ons volk word verdruk,verneder en uitgemoor. Ons vra ook soos Asaf in Ps 79: 
O God, heidene het gekom in u erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak. Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel tot spys gegee, die vlees van u gunsgenote aan die wilde diere van die land. Hulle het húlle bloed rondom Jerusalem soos water uitgegiet sonder dat iemand hulle begrawe. Ons het vir ons bure ‘n smaad geword, ‘n spot en beskimping vir die wat rondom ons is. Hoe lank, HERE, sal U vir ewig toornig wees, sal u ywer brand soos ‘n vuur? 

Maar God vra aan ons, soos in Jer 23:26,27: Hoe lank nog? is dit in die hart van die profete wat leuens profeteer en profete is van die bedrieëry van hulle hart— is hulle daarop bedag om my volk my Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders my Naam vergeet het deur Baäl? 

Valse leringe wat algemeen as 'Christelik' verkondig word, is:
* Verdraagsaamheid teenoor sonde;
* dat God se wet afgeskaf is;
* dat God sondes vergewe sonder dat die sondaar berou het;
* dat God nie meer in die nuwe verbond mense en volke straf as ons afvalllig raak nie;
* dat die gebod van liefde die mens se gevoelens sentraal stel;
* pasifisme (dat ons nie onsself, ons gesinne, ons volk en ons ras mag verdedig nie);
* dat alle mense gelyk is;
* dat daar nie verskillende rasse bestaan nie, of dat die verskil slegs velkleur is;
* dat die nuwe verbond die grense tussen volke, rasse en geslagte afgeskaf het (in Gal 3:26)

In reaksie teen hierdie dwalinge het ñ ander dwaallering ontstaan, nl dat slegs Blankes gered kan word en saligheid kan ontvang.
Die valse leringe hierbo genoem, is alles die gevolg van die besmetting van Liberalisme met sy slagspreuke: 

*Vryheid (van God se wet);
*Gelykheid (vernietiging van God se skeppingsverskeidenheid en Sy verbondstrukture: gesin, familie en volk);
*Broederskap (met die ongelowiges)
- en dan die reaksie teen hierdie dwalinge.

Die Bybel leer dat almal gelyke behandeling voor die reg moet kry; verder dat almal sondaars is en dus doemwaardig en net deur Gods genade gered kan word. Die Liberalis verdraai hierdie feite tot die absurditeit dat almal gelyk is. Tog leer die Bybel (en sien ons elke dag) dat daar ryk en arm is, sterk en swak, heerser en onderdaan, ens. Dit alles geskied ook onder God se hand. (1Sam 2:7 Die HERE maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy.)
Nog belangriker is die ongelykheid as gevolg van die onderskeid wat God maak tussen gelowige en ongelowige. (1Sam 2:9 Die voete van sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want ’n mens oorwin nie deur krag nie.)

Ongelukkig het die duiwel daarin geslaag om die valse leringe in die hoofstroomteologie te vestig. Ons moet gedurig bid dat die Heilige Gees die valse leringe sal bestry en Sy Waarheid aan ons volk bekend sal maak.

Hier is die gebedsversoeke vir Oktober:

3-9 Okt: Ps 94
1 God van wraak, o HERE, God van wraak, verskyn in ligglans! 
2 Verhef U, o regter van die aarde, vergeld die trotsaards hulle dade! 
3 Hoe lank sal die goddelose, o HERE, hoe lank sal die goddelose jubel? 
4 Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd—al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle. 
5 o HERE, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel. 
6 Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese 
7 en sê: Die HERE sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie. 
8 Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word? 
9 Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie? 
10 Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie—Hy wat die mens kennis leer? 
11 Die HERE ken die gedagtes van die mense—dat hulle nietigheid is. 
12 Welgeluksalig is die man, o HERE, wat U onderrig en wat U leer uit u wet, 
13 om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word. 
14 Want die HERE sal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie; 
15 want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg. 
16 Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid? 
17 As die HERE vir my nie ‘n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon. 
18 As ek dink: My voet wankel—dan ondersteun u goedertierenheid my, o HERE! 
19 As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel. 
20 Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in? 
21 Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed. 
22 Maar die HERE is ‘n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug. 
23 En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die HERE onse God verdelg hulle.

10-16 Okt: Hoe lank nog? 

Ps 80:4-8 o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word! 
o HERE, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk? 
U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink. 
U het ons ‘n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot. 
o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

17-23 Okt: Ex 20:13  Jy mag nie doodslaan nie. 

Mat 5:21,22  Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.

Jak 3:8  Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.
Ons is skuldig aan aborsies; skinder; krenkende opmerkings (veral op sosiale media); ook aan die oorgawe aan ‘n vreemde, heidense regering wat grootskaalse bloedvergieting tot gevolg het.

24-30 Okt: Optrede teenoor vreemdelinge (Dt 27:19): 

Hoewel ons volk in die reël die vreemdelinge regverdig behandel het toe ons nog vry was, en die beskuldiging dat ons hulle verdruk het ‘n leuen is, was daar tog gevalle waar mense onbillik en selfs sadisties teenoor hulle opgetree het. Ons weet ook dat baie van ons ons oë daarvoor gesluit het. Hiervoor moet ons volk om vergiffenis vra. Nou het daar ook deur die propaganda ‘n oordrewe skuldgevoel by ‘n groot deel van ons volk ontstaan teenoor die vreemdelinge. Ook dit is ‘n sonde.

31 Okt – 6 Nov:

(31 Okt is die herdenking van die begin van die Groot Kerkhervorming terug na die Bybel toe. Maarten Luther het op 31 Okt 1517 sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg vasgeslaan): Hos 4:6  My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

Kom ons bid dat ons volk, ons leiers en ons leraars weer die Woord sal bestudeer en dag en nag sal oordink soos in Ps 1:2 “maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.”

Vir meer inligting kontak Dr. Jann Schlebusch​ by
E-posadres: jann.schlebusch@gmail.com
Selfoonnommer: +27 72 959 3214





No comments:

Post a Comment