Ons gebedsversoek vir 21-27
November,
Tugtig my HERE, maar met mate; nie
in u toorn, dat U my nie te klein maak nie.
JEREMIA 10:24 AFR53
Ons volk staan onder God se strafgerig. Ons word verdruk
deur vreemdelinge volgens Sy belofte. "Die vrugte van jou land en al jou
werk sal ’n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en
hard behandel word."
DEUTERONÓMIUM 28:33 AFR53
Baie van ons volksgenote kry swaar. Baie het hul werk
verloor. Baie het geliefdes verloor. Baie word verguis en verneder. Ons vra vir
genade en barmhartigheid van ons liefdevolle Vader.
No comments:
Post a Comment