Wednesday, December 14, 2016

Gebedsversoek: Dat ons mense weer op ons Vader vertrou!

Gebedsversoek vir 28 Nov-4 Des:



Dat ons mense weer op ons Vader vertrou. Baie van ons mense is bedruk en depressief. Mag ons Heer ons vertroue in Hom herstel.

Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U. PSALMS 143:8

Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. SPREUKE 3:5 (AFR53)

Want Ek sal jou sekerlik laat vryraak, en jy sal deur die swaard nie val nie; maar jou siel sal vir jou ’n buit wees, omdat jy op My vertrou het, spreek die Here. JEREMIA 39:18 (AFR53)

Doel en vrug van die lyding. Die onsigbare dinge gestel teenoor die sigbare.

¹⁶ DAAROM gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.
¹⁷ Want ons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;
¹⁸ omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. II KORINTHIËRS 4: 16-18 AFR53

Weg na die woestyn! PSALMS 55

¹ VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Onderwysing van Dawid.
²  o God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie.
³ Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,
⁴ weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand.
⁵ My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval.
⁶  Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.
⁷  Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos ’n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!
⁸  Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.
⁹ Gou sou ek vir my ’n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.
¹⁰   Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.
¹¹ Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.
¹²  Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie.
¹ ³ Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;
¹⁴ maar jy, ’n man soos ek, my vriend en my vertroude!
¹⁵ Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.
¹⁶ Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste.
¹⁷ Maar ek, ek roep God aan, en die Here sal my verlos.
¹⁸ Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.
¹⁹ Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my.
²⁰ God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie.
²¹ Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.
²² Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde.
²³ Werp jou sorg op die Here, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.
²⁴ Maar U, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie; maar ék vertrou op U.


No comments:

Post a Comment