Gebedsversoek 30 Januarie- 5 Februarie: Aborsies.
Ons bid dat ons volk hierdie moord op ongebore babas staak.
1 Februarie 1997 is aborsie op aanvraag in Suid-Afrika gewettig deur Mandela.
---
Ons het vanoggend ná die erediens ʼn gesprek gehad wat my
laat besef het dat mens nie een sonde in isolasie moet uitwys nie. Dit is van
die grootste belang dat God se hele wet onderhou moet word. Ons mag nie
verkondig dat aborsie sonde is, sonder om ook te verkondig dat seks slegs binne
die huwelik hoort nie. Die losbandigheid moet ook staak. – Dr. Jann Schlebusch
---
afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge,
waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge
doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
GALÁSIËRS 5:21 (AFR53)
²⁰En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens
onrein.
²¹Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte
gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,
²²diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns,
lastering, hoogmoed, dwaasheid.
²³Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens
onrein.
MARKUS 7:20-23 (AFR53)
Skakel na Volkseie Verootmoedigingsaksie Facebook-groep:
Skakel na plasing:
No comments:
Post a Comment