Wednesday, November 16, 2016

Bid vir mekaar

Kom ons bid hierdie week - 14-20 Nov vir mekaar. Ons bid vir medegelowiges wat ernstig voor God verootmoedig, maar worstel met sonde en bindinge van Satan. Ag Vader, wees ons genadig en breek Satan se bindinge - in die Naam van Jesus.

https://web.facebook.com/groups/volkseieverootmoedigingsaksie/permalink/690056791148770/


Wednesday, November 9, 2016

Weerbaarheidsprogram te Bfn 10 November 2016

Weerbaarheidsprogram aangebied deur Volkseie Verootmoedigingsaksie (VEVA) en die Suidlanders.

Datum:
10 November 2016 (Donderdagaand)

Tyd:
18:30 tot en met ongeveer 20:00

Plek:
Sand du Plessis laerskoolskoolsaal
Fowlerstraat
Hospitaalpark
Bloemfontein

GPS köordinate: -29.137443, 26.198306

Besonderhede:

Die Volkseie Verootmoedigingsaksie (VEVA) en die Suidlanders bied ‘n weerbaarheidsprogram aan in Sand du Plessis laerskool se skoolsaal DV op Donderdagaand 10 November om 18:30. Ons begin met ‘n kort oorsig oor die kritieke toestand in die land en die Suidlanders se nasionale noodplan. Daarna hou ons ‘n verootmoedigingsdiens waar ons die tema van Bybelse verset aanspreek. Ons behoort teen 20:00 klaar te wees.
Navrae:

Dr. Jann Schlebusch
E-posadres: skakel.veva@gmail.com
Selfoonnommer: +27 72 959 3214

Of

Theresé de Bruin
(Mediaskakelbeampte)
E-posadres: therese.veva@gmail.com
Faksnommer: 086 536 0263
Selfoonnommer: +27 82 824 30 56






Suidlanders (webtuiste): www.suidlanders.co.za

Skakel na plasing:




Geleetheidskakel:

Tuesday, November 1, 2016

Ons gebedsversoek vir 31 Oktober tot 5 November is dat ons volk - en in die besonder ons volksleiers - sal terugkeer na die Waarheid van die Bybel.

31 Okt herdenk ons die Groot Kerkhervorming. 31 Okt 1517 het Maarten Luther sy 95 besware teen die valse leringe van die Roomse Kerk teen die Kerkdeur van Wittenberg vasgespyker. Deur die bewarende hand van ons Heer is hy nie soos sy voorgangers op die brandstapel vermoor nie en kon die Hervorming momentum kry. Daarna het Calvyn, Bullinger, Zwingly, Knox, Beza, en andere die stryd om die waarheid voortgesit en die protestantse kerk laat terugkeer na die Bybel. Ongelukkig het die hoofstroom kerke weer afgedwaal en onsmense het eiesinnig geword. Dit is nou weer tyd om terug te keer na God en Sy Woord. Ons moet ons aan Sy gesag onderwerp.

Volkseie Verootmoedigingsaksie Facebook-groep:

Skakel na plasing

Augustus 2016

September 2016

Oktober 2016

Mediaverklaring (1):

Mediaverklaring (2):

Vir meer inligting kontak Dr. Jann Schlebusch by
E-posadres: jann.schlebusch@gmail.com
Selfoonnommer: +27 72 959 3214
of
Theresé de Bruin
(Mediaskakelbeampte)
E-posadres: therese.veva@gmail.com
Faksnommer: 086 536 0263

Selfoonnommer: +27 82 824 30 56


Oktobermaand Gebedsversoeke - VEVA

Gebedsversoek vir 26 September - 2 Oktober:

Dat die Heilige Gees die valse leringe sal bestry en Sy Waarheid aan ons volk bekend sal maak.
Valse leringe wat algemeen as 'Christelik' verkondig word, is:
* Verdraagsaamheid teenoor sonde;
* dat God se wet afgeskaf is;
* dat God sondes vergewe sonder dat die sondaar berou het;
* dat God nie meer in die nuwe verbond mense en volke straf as ons afvalllig raak nie;
* dat die gebod van liefde die mens se gevoelens sentraal stel;
* pasifisme (dat ons nie onsself, ons gesinne, ons volk en ons ras mag verdedig nie);
* dat alle mense gelyk is;
* dat daar nie verskillende rasse bestaan nie, of dat die verskil slegs velkleur is;
* dat die nuwe verbond die grense tussen volke, rasse en geslagte afgeskaf het (in Gal 3:26)
In reaksie teen hierdie dwalinge het ñ ander dwaallering ontstaan, nl dat slegs Blankes gered kan word en saligheid kan ontvang.

Die valse leringe hierbo genoem, is alles die gevolg van die besmetting van Liberalisme met sy slagspreuke:
*Vryheid (van God se wet);
*Gelykheid (vernietiging van God se skeppingsverskeidenheid en Sy verbondstrukture: gesin, familie en volk);
*Broederskap (met die ongelowiges)
- en dan die reaksie teen hierdie dwalinge.

Skakel na plasing:





Gebedsversoek vir 3-9 Oktober: Ps 94

1 God van wraak, o HERE, God van wraak, verskyn in ligglans!
2 Verhef U, o regter van die aarde, vergeld die trotsaards hulle dade!
3 Hoe lank sal die goddelose, o HERE, hoe lank sal die goddelose jubel?
4 Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd—al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.
5 o HERE, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel.
6 Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese
7 en sê: Die HERE sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.
8 Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word?
9 Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?
10 Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie—Hy wat die mens kennis leer?
11 Die HERE ken die gedagtes van die mense—dat hulle nietigheid is.
12 Welgeluksalig is die man, o HERE, wat U onderrig en wat U leer uit u wet,
13 om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word.
14 Want die HERE sal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie;
15 want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg.
16 Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?
17 As die HERE vir my nie ‘n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon.
18 As ek dink: My voet wankel—dan ondersteun u goedertierenheid my, o HERE!
19 As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel.
20 Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in?
21 Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.
22 Maar die HERE is ‘n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.
23 En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die HERE onse God verdelg hulle.


Skakel na plasing:

Gebedsversoek 10-16 Okt: Hoe lank nog?

Ps 80:4-8 o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
o HERE, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk?
U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.
U het ons ‘n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot.
o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

Skakel na plasing:




Gebedsversoek vir 17-23 Okt:

Ex 20:13 Jy mag nie doodslaan nie.
Mat 5:21,22 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.
Jak 3:8 Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.
• Ons is skuldig aan aborsies; skinder; krenkende opmerkings (veral op sosiale media); ook aan die oorgawe aan ‘n vreemde, heidense regering wat grootskaalse bloedvergieting tot gevolg het.

Skakel na plasing:

Gebedsversoek vir 24-30 Okt:

Optrede teenoor vreemdelinge (Dt 27:19):
Hoewel ons volk in die reël die vreemdelinge regverdig behandel het toe ons nog vry was, en die beskuldiging dat ons hulle verdruk het ‘n leuen is, was daar tog gevalle waar mense onbillik en selfs sadisties teenoor hulle opgetree het. Ons weet ook dat baie van ons ons oë daarvoor gesluit het. Hiervoor moet ons volk om vergiffenis vra.
Nou het daar ook deur die propaganda ‘n oordrewe skuldgevoel by ‘n groot deel van ons volk ontstaan teenoor die vreemdelinge. Ook dit is ‘n sonde.

Skakel na plasing:

 Volkseie Verootmoedigingsaksie Facebook-groep:

Skakel na plasing

Augustus 2016

September 2016

Mediaverklaring (1):

Mediaverklaring (2):

Vir meer inligting kontak Dr. Jann Schlebusch by
E-posadres: jann.schlebusch@gmail.com
Selfoonnommer: +27 72 959 3214
of
Theresé de Bruin
(Mediaskakelbeampte)
E-posadres: therese.veva@gmail.com
Faksnommer: 086 536 0263
Selfoonnommer: +27 82 824 30 56