Sunday, September 25, 2016

VEVA Gebedsversoeke September 2016

Gebedsversoek 29 Augustus - 4 September.
Vergeestelikte Godsdiens:
Ons gaan kerk toe, en glo Jesus kan ons red, maar die res van die week maak ons op ons eie krag staat.
Ook wat die politiek betref. Eers as ons in groot nood is, vra ons God se hulp. Ons moet die heeltyd bewus wees van Sy groot krag en Sy betrokkenheid by ons daaglikse lewe.
JHWH is die Almagtige God wat dinge in die daaglikse praktyk laat gebeur. Hy is die Beskikker van die lotgevalle van volke, mense en heersers. Hy is nie net betrokke by ons saligheid nie.
Kom ons leef hierdie Bybelse waarheid!

Dr. Jann Schlebusch

-------
Gebedsversoek 5-11 September: Dat ons mans weer priesters word wat in gehoorsaamheid voor God sal staan. Ons jong mans vergryp hulle aan drank (en dien so die afgod Bacchus). Daarom het ons vrouens nie respek vir ons nie. Ons word geleer dat 'beskaafde' mans konflik ten alle koste moet vermy. Daarom kan ons nie meer ons gesinne beskerm nie. En kan ons ook nie dissipline handhaaf nie. Ons sit saans en naweke om voor die TV. Daarom is ons nie beskikbaar om ons priesterskap uit te voer nie. Huisgodsdiens word verwaarloos; Opvoeding word verwaarloos ; Huislike take word verwaarloos ; Betrokkenheid by ons kinders en hul behoeftes word verwaarloos ; Besluitneming en verantwoordelikheid word aan die vrou oorgelaat en sy word effektief die hoof van die huis. Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debóra, opgestaan het, ek, ’n moeder in Israel, opgestaan het. RIGTERS 5:7 AFR53 http://bible.com/5/jdg.5.7.AFR53 Dr. Jann Schlebusch #Volkseie #Verootmoedigingsaksie #VEVA https://web.facebook.com/groups/632028066951643/permalink/651394685014981/
-------
Ons #gebedsversoek vir die week 12-18 September:
Dat ons huisgesinne weer huisgodsdiens hou.

Sit net ñ slag daai TV af! En lees saam Bybel en bid saam. Indien moontlik, sing ñ Psalm en ñ gesang of ñ loflied.

en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan;
DEUTERONÓMIUM 11:19 AFR53
http://bible.com/5/deu.11.19.AFR53

Dr. Jann Schlebusch

https://web.facebook.com/groups/632028066951643/permalink/655287747959008/

#Volkseie #Verootmoedigingsaksie


www.volkseieverootmoedigingsaksie.blogspot.co.za
-------
Ons #gebedsversoek vir 19-25 September:
Dat ons ouers hul kinders leer bid.
- en leer om ñ persoonlike verhouding te hê met ons Hemelse Vader;
leer om gedurig bewus te wees van Sy teenwoordigheid, van Sy betrokkenheid by ons lewens en van Sy groot krag.

#Volkseie #Verootmoedigingsaksie Facebook:
https://web.facebook.com/groups/volkseieverootmoedigingsaksie/

Skakel na plasing:
https://web.facebook.com/groups/632028066951643/permalink/658855200935596/


Vir meer inligting kontak Dr Jann Schlebusch by jann.schlebusch@gmail.com

of by 072 959 3214





No comments:

Post a Comment