Saturday, September 3, 2016

Mediaverklaring: (VEVA)

Mediaverklaring: Volkseie Verootmoedigingsaksie (VEVA)


Die nuutgestigde Volkseie Verootmoedigingsaksie roep volksgenote op om te onderwerp aan God se gesag. Ons was ‘n Godsvolk wat baie seëninge uit Sy hand ontvang het. Nou word ons verdruk deur vreemde magte.
• Ons kinders word vol gif gepomp in die skole;
• Ook in die media word ons uitgekryt vir al wat sleg is;
• Ons word uitgemoor en doodgemartel deur volksvreemde bendes – en selfs die President sing hoe hulle die Boere gaan skiet;
• Besighede mag nie meer blankes in diens neem nie;
• Ons volksgenote verarm en die ekonomie wat ons oor jare opgebou het, word leeggesteel en vernietig;
• Ons mag nie hieroor praat nie, want dan word ons beskuldig van ‘rassisme’.

Hierdie dinge gebeur nie toevallig nie. Die Bybel leer baie duidelik dat God ons straf as ons van Hom afwyk.
Ons voorouers was bereid om tot die dood te veg vir die ware Bybelse leer en het uiteindelik alles verlaat en na Suid-Afrika gevlug. Ons het hierdie Protestantse erfenis gruwelik verwaarloos en ons betaal nou die bittere prys deurdat ons ons kinders afstaan aan Satan self. Die liberale veelgodery word gekamofleer deur die gewilde "human rights" ideologie, en dit is vir ons moderne ouers aanvaarbaar. God sal jul erfenis van jou hand eis! Draai nou om.

Verootmoediging beteken om ons aan God se gesag te onderwerp en behels eerlike berou oor ons sonde.
Jes 1:16 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,
17 leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.
18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
19 As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.
20 Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.

Ons moenie dink dat een van ons sonder sonde is nie en dat ons net hier vinger wys na 'groot sondaars' nie:
1Jn 1:8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.

Ons moenie dink ons sonde is te groot om vergewe te word nie:
1Jn 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Verootmoediging is nie net ‘n individuele saak nie, maar ook ‘n volksaak.
Die volk is ‘n verbondstruktuur van God en daarom is dit ons opdrag om ons volk te bewaar en te vermaan tot bekering.

Die Bybel leer nie pasifisme nie, maar stryd – geestelik en fisies.

Vir meer inligting kontak Dr Jann Schlebusch by jann.schlebusch@gmail.com
of by 072 959 3214
Voorsitter: Charl Hertzog
Ondervoorsitter : Willem Etsebeth
Mediakomitee: Dr Jann Schlebusch; Therese de Bruin (0828243056)
Penningmeester : Braam Venter

Ons gebedsversoeke vir die maand:
5-11 Sep: Dat ons mans weer priesters word wat voor God staan;
12-18 Sep: Dat ons gesinne weer saam huisgodsdiens begin hou;
19-25 Sep: Dat ouers weer hulle kinders leer bid;
26 Sep-2 Okt: Dat die Heilige Gees die valse leringe sal bestry en Sy Waarheid aan ons volk bekend maak.

https://m.facebook.com/groups/632028066951643?view=permalink&id=651157541705362

No comments:

Post a Comment