Sunday, September 25, 2016

VEVA Gebedsversoeke Augustus 2016

Vriende, hier is ons #gebedsversoek vir hierdie week 1-7 Aug:
Verbruikerskultuur – ons sit en TV kyk; rugby kyk, ens. Ons gaan kerk toe, luister en gaan huis toe.
Ons moet aktiewe stryders vir Christus wees.

-------
#Gebedsversoek 8-14 Aug: Materialisme: 
Ons vertrou op ons aardse besittings of inkomste (salaris);
En op versekering: (Pensioenfondse; Korttermynversekering; Mediese fondse); 
Ons lewe bo ons vermoë - koop karre, klere (matriekafskeid), ens om ander te beïndruk of om onsself te 'bederf' (ook die uitspattige huweliksonthale), vakansies, ens; 
Ons het ‘n opdrag om vrugbaar te wees en te vermeerder, maar ons wil net een of twee kinders hê - of glad nie!
Gierigheid: Ons wil net altyd meer hê.
Jaloers op dié wat (skynbaar) meer het (selfbejammering)
In baie gesinne werk albei ouers voltyds vir ñ hoër lewenspyl en skeep die opvoeding van die kinders af (waar albei ouers moet werk om die basiese te voorsien, is dit ñ ander saak);
Ons bederf ons kinders
Doen ons ons plig teenoor ons verarmde volksgenote en dié wat in die gevangenis is?

-------
#Gebedsversoek vir 15 - 22 Augustus :
Ons bid teen ons volk se seksuele losbandigheid.
Pornografie 
Voorhuwelikse seks 
Buite-egtelike verhoudings 
Homoseksualiteit 
Uitlokkende kleredrag 
Kyk van flieks en TV programme wat losbandigheid bevorder.

-------
#Gebedsversoek 22-29 Augustus: Vreesagtigheid.
Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars — hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
OPENBARING 21:8 AFR53

Ons mag nie die wêreld en sy bedreigings vrees nie. Ons moet op God vertrou.

Ons vrees teëspoed, armoede; teleurstelling; droogte, 'regstellende aksie';
Ons vrees konflik, ongewildheid, skindertonge, die dood (veral ñ marteldood);
Ons vrees die regering

Dr. Jann Schlebusch

No comments:

Post a Comment