Monday, September 5, 2016

Gebedsversoek 5-11 September 2016


    #Gebedsversoek 5-11 September: 
    Dat ons mans weer priesters word wat in gehoorsaamheid voor God sal staan.


    Ons jong mans vergryp hulle aan drank (en dien so die afgod Bacchus). Daarom het ons vrouens nie respek vir ons nie.
    Ons word geleer dat 'beskaafde' mans konflik ten alle koste moet vermy. Daarom kan ons nie meer ons gesinne beskerm nie. En kan ons ook nie dissipline handhaaf nie.

    Ons sit saans en naweke om voor die TV. Daarom is ons nie beskikbaar om ons priesterskap uit te voer nie. 
    Huisgodsdiens word verwaarloos; 
    Opvoeding word verwaarloos ; 
    Huislike take word verwaarloos ; 
    Betrokkenheid by ons kinders en hul behoeftes word verwaarloos ;
    Besluitneming en verantwoordelikheid word aan die vrou oorgelaat en sy word effektief die hoof van die huis.


    Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debóra, opgestaan het, ek, ’n moeder in Israel, opgestaan het.
    RIGTERS 5:7 AFR53





No comments:

Post a Comment