Monday, February 6, 2017

Gebedsversoek vir 5-12 Februarie

Gebedsversoek vir 5-12 Februarie:

Uit ”Consecration of the first born” (lesing: RJ Rushdoony - ek het dit in Afrikaans vertaal) Dankie Carl Tracey Olivier

Hy het dit vir die Amerikaanse volk gebid, maar dit is ook op ons volk van toepassing.

O Here ons God, Ons behoort aan U en U het ons afgesonder vir Uself en vir U doeleindes. Rus ons toe, Here, deur U genade en krag, om die goddelose mense en volke teen te staan wat hulle ‘n valse reg toe-eien om oor die mensdom; oor die wêreld; en oor ons kinders te heers. Ons dank U dat dit U wil is wat sal geskied op die aarde, sowel as in die hemel; en dat dit U koninkryk is wat sal oorwin. Groots en wonderlik is U, o Here en ons prys U. In die Naam van Christus. Amen.

PSALMS 94:3
Hoe lank sal die goddelose, o Here, hoe lank sal die goddelose jubel?
Lees so ook PSALMS 94:4-23 - Triomf van die reg:

JESAJA 48:22
Geen vrede, sê die Here, vir die goddelose nie!

PSALMS 69:14
Maar ek — my gebed is tot U, o Here: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil!

DANIËL 9:13
soos in die wet van Moses geskrywe is — al hierdie onheil het oor ons gekom, en ons het die aangesig van die Here onse God nie om genade gesmeek deur ons te bekeer van ons ongeregtighede en ag te gee op u waarheid nie.

SAGARÍA 2:5
En Ek sal vir hom wees, spreek die HERE, 'n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in.

Skakel na plasing:


Volkseieverootmoedigingsaksie Facebook-groepskakel:

Twitter:
 VEVA
@VolkseieV


Blogger:

Skakels
Vorige gebedsversoeke:

Augustus 2016


September 2016

Oktober 2016


November 2016


Desember 2016


Januarie 2017


Mediaverklarings:



Weerbaarheidsprogram wat plaasgevind het die 10de November 2016:

Vir enige navrae kontak:

Dr. Jann Schlebusch
Bloemfontein
E-posadres: skakel.veva@gmail.com
Selfoonnommer: +27 72 959 3214

Theresé de Bruin
(Mediaskakelbeampte)
Orania.
Posadres:
Posbus 420,
Orania,
8752
E-posadres: therese.veva@gmail.com
Faksnommer: 086 648 2778
Selfoonnommer: +27  82 824 3056
(so ook op WhatsApp)
BBM PIN: 7B480DAC