Monday, January 30, 2017

VEVA persverklaring



VEVA persverklaring:

Volkseie Verootmoedigingsaksie (VEVA) doen ‘n beroep op alle gelowige volksgenote om Geloftedag te herdenk. Ons vra dan ook dat Volksverootmoediging ‘n sentrale tema van die herdenking sal wees. Dit was immers wat die Voortrekkers gedoen het met die aflê van die gelofte – hulle verootmoedig. 


VEVA se doel is om ons volk bewus te maak dat ons voor God moet verootmoedig. As u bereid is om u deel te doen in u gebied om te help met hierdie bewusmaking, of as u net meer inligting wil hê kontak ons gerus by skakel.veva@gail.com of besoek ons fb groep Volkseie Verootmoedigingsaksie.


Ons vra ook elke week vir u voorbidding vir ‘n besondere saak:

Ons gebedsversoeke vir Desember is:


28 Nov-4 Des: Dat ons mense weer op ons Vader vertrou. Baie van ons mense is bedruk en depressief. Mag ons Heer ons vertroue in Hom herstel;


5-11 Des: Dat ons volk ons geloftes sal betaal;


12-18 Des: Dat ons volk sal ophou om Bacchus (die drankgod) te dien. Ons het onbewustelik ‘n hele kultuur gebou rondom drank. Ons kan nie meer braaivleis hou sonder om ons te vergryp aan drank nie. Volksfeeste word deesdae op elke dorp gehou wat eintlik maar suipfeeste is. As ons kuier wens ons mekaar ‘gesondheid’ toe met die klink van glase – wat ‘n bygeloof is. Ons goeie wense en eerbetoon op bruilofsonthale heet ‘heildronke’. Kom ons keer terug na ons God en ons bou weer ons kultuur rondom Hom.


19-25 Des:Kersfees word gekenmerk deur oordadige drinkery; brassery (oordadige etery – ja, dit is ook ‘n sonde!); en uitspattige geskenke (materialisme). Kom ons wy eerder hierdie tyd aan dankbaarheid teenoor ons Verlosser, sodat ons hele lewe aan Hom gewy sal wees.
26 Des-1 Jan: Ons volk se tyd raak min. Ons word uitgeroei en vernietig. God se belofte staan dan ook vas dat Hy ons sal vernietig as ons nie tot Hom bekeer nie (Dt 28:15-68). Ons bid dat Hy ons sal bekeer, sodat ons onsself kan bekeer (Klaagl 5:21; Jes 1:18,19)



No comments:

Post a Comment