Thursday, January 12, 2017

Desember 2016 Gebedsversoeke.


Gebedsversoek vir 28 Nov-4 Des:

Dat ons mense weer op ons Vader vertrou. Baie van ons mense is bedruk en depressief. Mag ons Heer ons vertroue in Hom herstel
Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U. PSALMS 143:8
Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. SPREUKE 3:5 (AFR53)
Want Ek sal jou sekerlik laat vryraak, en jy sal deur die swaard nie val nie; maar jou siel sal vir jou ’n buit wees, omdat jy op My vertrou het, spreek die Here. JEREMIA 39:18 (AFR53)

Doel en vrug van die lyding. Die onsigbare dinge gestel teenoor die sigbare.
¹⁶ DAAROM gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.
¹⁷ Want ons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;
¹⁸ omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. II KORINTHIËRS 4: 16-18 AFR53

Weg na die woestyn! PSALMS 55
¹ VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Onderwysing van Dawid.
²   o God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie.
³ Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,
⁴  weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand.
⁵ My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval.
⁶  Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.
⁷  Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos ’n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!
⁸  Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.
⁹ Gou sou ek vir my ’n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.
¹⁰   Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.
¹¹ Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.
¹²  Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie.
¹ ³ Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;
¹⁴ maar jy, ’n man soos ek, my vriend en my vertroude!
¹⁵  Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.
¹⁶    Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste.
¹⁷ Maar ek, ek roep God aan, en die Here sal my verlos.
¹⁸ Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.
¹⁹ Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my.
²⁰ God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie.
²¹  Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.
²²   Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde.
²³  Werp jou sorg op die Here, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.
²⁴  Maar U, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie; maar ék vertrou op U.

Skakel na plasing:
Gebedsversoek 5-11 Desember: Ons bid dat die Heilige Gees ons volk sal lei om weer ons geloftes te betaal.

Kyk, op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor: Vier jou feesdae, o Juda, betaal jou geloftes! Want die snoodaard sal nooit weer deur jou gebied trek nie; hy is heeltemal uitgeroei!
NAHUM 1:15 

Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;
PSALMS 50:14 

Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.
JOB 22:27 

Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As ’n man of ’n vrou ’n besondere gelofte aflê, die gelofte van ’n nasireër, om hom aan die Here te wy,
NÚMERI 6:2

Skakel na plasing:


VEVA persverklaring:

Volkseie Verootmoedigingsaksie (VEVA) doen ‘n beroep op alle gelowige volksgenote om Geloftedag te herdenk. Ons vra dan ook dat Volksverootmoediging ‘n sentrale tema van die herdenking sal wees. Dit was immers wat die Voortrekkers gedoen het met die aflê van die gelofte – hulle verootmoedig.
VEVA se doel is om ons volk bewus te maak dat ons voor God moet verootmoedig. As u bereid is om u deel te doen in u gebied om te help met hierdie bewusmaking, of as u net meer inligting wil hê kontak ons gerus by skakel.veva@gail.com of besoek ons fb groep Volkseie Verootmoedigingsaksie.
Ons vra ook elke week vir u voorbidding vir ‘n besondere saak:
Ons gebedsversoeke vir Desember is:
28 Nov-4 Des: Dat ons mense weer op ons Vader vertrou. Baie van ons mense is bedruk en depressief. Mag ons Heer ons vertroue in Hom herstel;
5-11 Des: Dat ons volk ons geloftes sal betaal;
12-18 Des: Dat ons volk sal ophou om Bacchus (die drankgod) te dien. Ons het onbewustelik ‘n hele kultuur gebou rondom drank. Ons kan nie meer braaivleis hou sonder om ons te vergryp aan drank nie. Volksfeeste word deesdae op elke dorp gehou wat eintlik maar suipfeeste is. As ons kuier wens ons mekaar ‘gesondheid’ toe met die klink van glase – wat ‘n bygeloof is. Ons goeie wense en eerbetoon op bruilofsonthale heet ‘heildronke’. Kom ons keer terug na ons God en ons bou weer ons kultuur rondom Hom.
19-25 Des:Kersfees word gekenmerk deur oordadige drinkery; brassery (oordadige etery – ja, dit is ook ‘n sonde!); en uitspattige geskenke (materialisme). Kom ons wy eerder hierdie tyd aan dankbaarheid teenoor ons Verlosser, sodat ons hele lewe aan Hom gewy sal wees.
26 Des-1 Jan: Ons volk se tyd raak min. Ons word uitgeroei en vernietig. God se belofte staan dan ook vas dat Hy ons sal vernietig as ons nie tot Hom bekeer nie (Dt 28:15-68). Ons bid dat Hy ons sal bekeer, sodat ons onsself kan bekeer (Klaagl 5:21; Jes 1:18,19)

-------

Ons gebedsversoek vir 12-18 Des:
Dat ons volk sal ophou om Bacchus (die drankgod) te dien. Ons het onbewustelik ‘n hele kultuur gebou rondom drank. Ons kan nie meer braaivleis hou sonder om ons te vergryp aan drank nie. Volksfeeste word deesdae op elke dorp gehou wat eintlik maar suipfeeste is. As ons kuier wens ons mekaar ‘gesondheid’ toe met die klink van glase – wat ‘n bygeloof is. Ons goeie wense en eerbetoon op bruilofsonthale heet ‘heildronke’. Kom ons keer terug na ons God en ons bou weer ons kultuur rondom Hom

en hulle moet aan die oudstes van sy stad sê: Hierdie seun van ons is koppig en wederstrewig, hy luister nie na ons stem nie, hy is ’n deurbringer en dronkaard.
DEUTERONÓMIUM 21:20

maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ’n broeder bekend, ’n hoereerder is of ’n gierigaard of ’n afgodedienaar of ’n kwaadspreker of ’n dronkaard of ’n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
I KORINTHIËRS 5:11 

Moenie dronk word van wyn nie — daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.
EFÉSIËRS 5:18 

Skakel na plasing:



19-25 Des: Kersfees word gekenmerk deur oordadige drinkery; brassery (oordadige etery – ja, dit is ook ‘n sonde!); en uitspattige geskenke (materialisme). Kom ons wy eerder hierdie tyd aan dankbaarheid teenoor ons Verlosser, sodat ons hele lewe aan Hom gewy sal wees.

DIE geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.
MATTHÉÜS 1:18

Skakel na plasing: 

Gebedsversoek 26 Des-1 Jan:
Ons volk se tyd raak min. Ons word uitgeroei en vernietig. God se belofte staan dan ook vas dat Hy ons sal vernietig as ons nie tot Hom bekeer nie (Dt 28:15-68). Ons bid dat Hy ons sal bekeer, sodat ons onsself kan bekeer (Klaagl 5:21; Jes 1:18,19)

¹⁸ Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
¹⁹ As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.
JESAJA 1:18-19

Skakel na plasing:










No comments:

Post a Comment