Sunday, January 29, 2017

Januarie 2017 Gebedsversoeke:



Gebedsversoek 26 Des-1 Jan:

Ons volk se tyd raak min. Ons word uitgeroei en vernietig. God se belofte staan dan ook vas dat Hy ons sal vernietig as ons nie tot Hom bekeer nie (Dt 28:15-68). Ons bid dat Hy ons sal bekeer, sodat ons onsself kan bekeer (Klaagl 5:21; Jes 1:18,19)
¹⁸ Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
¹⁹ As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.
JESAJA 1:18-19




Gebedsversoek vir verlossing

Gebedsversoek vir 2-8 Januarie: Ons bid tot Abba Vader vir verlossing. Ons probeer om minder te reageer op Satan se handlangers se negatiewe opmerkings teenoor "Whites" en ons kla hulle aan by die Regverdige Regter om hulle te vergeld.
Hab 3:
¹²  In grimmigheid betree U die aarde, in toorn dors U die nasies.
¹³  U trek uit tot redding van u volk, tot redding van u Gesalfde. U verbrysel die kop van die huis van die goddelose en ontbloot die fondament tot by die nek. Sela.
¹⁴  U deurboor met sy eie pyle die hoof van sy leiers wat storm om my te verstrooi; wie se gejuig is asof hulle die ellendige in die skuilhoek wil verslind.
¹⁵  U betree die see met u perde, ‘n hoop magtige waters.
¹⁶  Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ‘n aanval maak.

“ ’n Jaloerse God en ʼn wreker is die HERE (JHWH),
ʼn wreker is die HERE (JHWH), en vol grimmigheid;
ʼn wreker is die HERE (JHWH) vir Sy teëstanders,
en Hy behou die toorn teen Sy vyande.”
NAHUM 1:2





 -----

Gebedsversoek 9-15 Januarie

Kom ons loof en prys ons Heer vir die lieflike reën waarmee Hy ons uitkoms gegee het uit die knellende droogte. Daar is wel nog steeds dele wat baie droog is en ons harte gaan uit na ons volksgenote wat so ly. Ag Vader, skenk ook daar uitkoms.
Mag ons nooit hierdie droogte vergeet nie. En mag ons tog iets geleer het uit hierdie loutering.
Maar ná verloop van tyd het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die land nie.
I KONINGS 17:7

en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.
JAKOBUS 5:18

en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
II KRONIEKE 7:14

⁹ Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die Here van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.
¹⁰ Daarom het die hemel bo julle die dou ingehou en die aarde het sy opbrings teruggehou.
¹¹ En Ek het droogte oor die land geroep en oor die berge en oor die koring en oor die mos en oor die olie en oor alles wat die grond oplewer; en oor die mense en oor die diere en oor alle arbeid van die hande.
HAGGAI 1:9-11





Gebedsversoek vir 16-22 Januarie:

Ons bid teen bygelowe, wat afgodediens is.
1. Dat die volgende ongeluk bring: Vrydag die 13e, swart kat, om onder deur ʼn leer te loop, ʼn spieël wat breek, ens
2. Dat ʼn uil die dood bring,
3. Dat mens aan hout moet raak om ʼn wens te laat waar word,
4. Dat mens aan swart moet raak om ʼn vloek of slegte gedagte af te weer,
5. Dat ʼn perdeskoen geluk bring,
Voeg asb by.
Ons mense dink hierdie bygelowe is onskuldig, maar dit ondermyn ons geloof in God se voorsienigheid. Dit is afgodediens.
---

Die afgodery, gemeenskap met duiwels.

¹⁴ DAAROM, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.
¹⁵ Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê:
¹⁶ die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?
¹⁷ Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.
¹⁸ Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie?
¹⁹ Wat sê ek dan? Dat ’n afgod iets is, of dat ’n afgodsoffer iets is?
²⁰ Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.
²¹ Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.
²² Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?

Die Christelike vryheid; die liefde.

²³ ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.
²⁴ Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van ’n ander.
²⁵ Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
²⁶ Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.
²⁷ En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is gewillig om te gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
²⁸ Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer — moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete — want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan —
²⁹ ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel deur ’n ander se gewete?
³⁰ En as ek iets met danksegging geniet, waarom word ek belaster oor iets waarvoor ek dank?
³¹ Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.
³² Wees geen oorsaak van struikeling vir Jode of Grieke of vir die gemeente van God nie;
³³ net soos ek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar dié van baie, sodat hulle gered kan word.
I KORINTHIËRS 10:14-33



Blogger:

Gebedsversoek 23-29 Januarie:

Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou. Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang. Kyk, U het ’n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend. Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het. Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede. Skep vir my ’n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ’n gewillige gees. Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer. Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel. Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig. Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie. Die offers van God is ’n gebroke gees; ’n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!
PSALMS 51:3-19 AFR53

Skakel na Volkseie Verootmoedigingsaksie Facebook-groep:

Skakel na plasing:

Blogger:

Gebedsversoek 30 Januarie- 5 Februarie: Aborsies.

Ons bid dat ons volk hierdie moord op ongebore babas staak. 1 Februarie1997 is aborsie op aanvraag in Suid-Afrika gewettig deur Mandela.
---
Ons het vanoggend ná die erediens ʼn gesprek gehad wat my laat besef het dat mens nie een sonde in isolasie moet uitwys nie. Dit is van die grootste belang dat God se hele wet onderhou moet word. Ons mag nie verkondig dat aborsie sonde is, sonder om ook te verkondig dat seks slegs binne die huwelik hoort nie. Die losbandigheid moet ook staak. – Dr. Jann Schlebusch
---
afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
GALÁSIËRS 5:21 (AFR53)

²⁰En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein.
²¹Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,
²²diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid.
²³Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.
MARKUS 7:20-23 (AFR53)

Skakel na Volkseie Verootmoedigingsaksie Facebook-groep:


Skakel na plasing:

Blogger:





Vir enige navrae kontak:

Dr. Jann Schlebusch
Bloemfontein
E-posadres: skakel.veva@gmail.com
Selfoonnommer: +27 72 959 3214

Theresé de Bruin
(Mediaskakelbeampte)
Orania.
Posadres: 
Posbus 420,
Orania,
8752
E-posadres: therese.veva@gmail.com
Faksnommer: 086 648 2778
Selfoonnommer: +27  82 824 3056 
(so ook op WhatsApp)
BBM PIN: 7B480DAC






No comments:

Post a Comment