Monday, January 30, 2017

November 2016 Gebedsversoeke


Ons gebedsversoek vir 31 Oktober tot 5 November is dat ons volk - en in die besonder ons volksleiers - sal terugkeer na die Waarheid van die Bybel.
31 Okt herdenk ons die Groot Kerkhervorming. 31 Okt 1517 het Maarten Luther sy 95 besware teen die valse leringe van die Roomse Kerk teen die Kerkdeur van Wittenberg vasgespyker. Deur die bewarende hand van ons Heer is hy nie soos sy voorgangers op die brandstapel vermoor nie en kon die Hervorming momentum kry. Daarna het Calvyn, Bullinger, Zwingly, Knox, Beza, en andere die stryd om die waarheid voortgesit en die protestantse kerk laat terugkeer na die Bybel. Ongelukkig het die hoofstroom kerke weer afgedwaal en onsmense het eiesinnig geword. Dit is nou weer tyd om terug te keer na God en Sy Woord. Ons moet ons aan Sy gesag onderwerp.


Kom ons bid hierdie week - 14-20 Nov vir mekaar. Ons bid vir medegelowiges wat ernstig voor God verootmoedig, maar worstel met sonde en bindinge van Satan. Ag Vader, wees ons genadig en breek Satan se bindinge - in die Naam van Jesus.


Ons gebedsversoek vir 21-27 November, Tugtig my HERE, maar met mate; nie in u toorn, dat U my nie te klein maak nie.
JEREMIA 10:24 AFR53


Ons volk staan onder God se strafgerig. Ons word verdruk deur vreemdelinge volgens Sy belofte. "Die vrugte van jou land en al jou werk sal ’n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word."
DEUTERONÓMIUM 28:33 AFR53


Baie van ons volksgenote kry swaar. Baie het hul werk verloor. Baie het geliefdes verloor. Baie word verguis en verneder. Ons vra vir genade en barmhartigheid van ons liefdevolle Vader.


No comments:

Post a Comment