Sunday, January 29, 2017

Gebedsversoek: Afgodediens

Gebedsversoek vir 16-22 Januarie:


Ons bid teen bygelowe, wat afgodediens is.
1. Dat die volgende ongeluk bring: Vrydag die 13e, swart kat, om onder deur ʼn leer te loop, ʼn spieël wat breek, ens
2. Dat ʼn uil die dood bring,
3. Dat mens aan hout moet raak om ʼn wens te laat waar word,
4. Dat mens aan swart moet raak om ʼn vloek of slegte gedagte af te weer,
5. Dat ʼn perdeskoen geluk bring,
Voeg asb by.
Ons mense dink hierdie bygelowe is onskuldig, maar dit ondermyn ons geloof in God se voorsienigheid. Dit is afgodediens.

Die afgodery, gemeenskap met duiwels.
¹⁴ DAAROM, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.
¹⁵ Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê:
¹⁶ die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?
¹⁷ Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.
¹⁸ Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie?
¹⁹ Wat sê ek dan? Dat ’n afgod iets is, of dat ’n afgodsoffer iets is?
²⁰ Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.
²¹ Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.
²² Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?

Die Christelike vryheid; die liefde.
²³ ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.
²⁴ Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van ’n ander.
²⁵ Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
²⁶ Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.
²⁷ En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is gewillig om te gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
²⁸ Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer — moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete — want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan —
²⁹ ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel deur ’n ander se gewete?
³⁰ En as ek iets met danksegging geniet, waarom word ek belaster oor iets waarvoor ek dank?
³¹ Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.
³² Wees geen oorsaak van struikeling vir Jode of Grieke of vir die gemeente van God nie;
³³ net soos ek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar dié van baie, sodat hulle gered kan word.


I KORINTHIËRS 10:14-33 


Skakel na Facebook-groep:  

Skakel na plasing:


No comments:

Post a Comment