Wednesday, January 11, 2017

Gebedsversoek: Loof en prys ons Heer vir die lieflike reën!

Gebedsversoek 9-15 Januarie: Kom ons loof en prys ons Heer vir die lieflike reën waarmee Hy ons uitkoms gegee het uit die knellende droogte. Daar is wel nog steeds dele wat baie droog is en ons harte gaan uit na ons volksgenote wat so ly. Ag Vader, skenk ook daar uitkoms.
Mag ons nooit hierdie droogte vergeet nie. En mag ons tog iets geleer het uit hierdie loutering.



Maar ná verloop van tyd het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die land nie.
I KONINGS 17:7

en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.
JAKOBUS 5:18

en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
II KRONIEKE 7:14

9 Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die Here van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.
10 Daarom het die hemel bo julle die dou ingehou en die aarde het sy opbrings teruggehou.
11 En Ek het droogte oor die land geroep en oor die berge en oor die koring en oor die mos en oor die olie en oor alles wat die grond oplewer; en oor die mense en oor die diere en oor alle arbeid van die hande.
HAGGAI 1:9-11




No comments:

Post a Comment