Gebedsversoek 23-29 Januarie:
Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my
oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. Was my heeltemal van my
ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Want ék ken my oortredinge, en my
sonde is altyddeur voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat
verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig
hou. Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
Kyk, U het ’n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene
maak U aan my wysheid bekend. Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was
my, dat ek witter kan wees as sneeu. Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die
gebeente juig wat U verbrysel het. Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit
al my ongeregtighede. Skep vir my ’n rein hart, o God, en gee opnuut in die
binneste van my ’n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u
Heilige Gees nie van my weg nie. Gee my weer die vreugde van u heil, en
ondersteun my deur ’n gewillige gees. Ek wil die oortreders u weë leer, dat die
sondaars hulle tot U kan bekeer. Red my van bloedskuld, o God, God van my heil!
Laat my tong u geregtigheid uitjubel. Here, open my lippe, dat my mond u lof
kan verkondig. Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in
brandoffer het U geen behae nie. Die offers van God is ’n gebroke gees; ’n
gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!
PSALMS 51:3-19 AFR53
Skakel na Volkseie Verootmoedigingsaksie Facebook-groep:
Skakel na plasing:
No comments:
Post a Comment