Saturday, January 7, 2017

Gebedsversoek: Dat ons volk sal ophou om Bacchus (die drankgod) te dien.




Ons gebedsversoek vir 12-18 Des:

Dat ons volk sal ophou om Bacchus (die drankgod) te dien. Ons het onbewustelik ‘n hele kultuur gebou rondom drank. Ons kan nie meer braaivleis hou sonder om ons te vergryp aan drank nie. Volksfeeste word deesdae op elke dorp gehou wat eintlik maar suipfeeste is. As ons kuier wens ons mekaar ‘gesondheid’ toe met die klink van glase – wat ‘n bygeloof is. Ons goeie wense en eerbetoon op bruilofsonthale heet ‘heildronke’. Kom ons keer terug na ons God en ons bou weer ons kultuur rondom Hom

en hulle moet aan die oudstes van sy stad sê: Hierdie seun van ons is koppig en wederstrewig, hy luister nie na ons stem nie, hy is ’n deurbringer en dronkaard.
DEUTERONÓMIUM 21:20 

maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ’n broeder bekend, ’n hoereerder is of ’n gierigaard of ’n afgodedienaar of ’n kwaadspreker of ’n dronkaard of ’n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
I KORINTHIËRS 5:11 

Moenie dronk word van wyn nie — daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.
EFÉSIËRS 5:18 



No comments:

Post a Comment